DIE twee mans wat aangekla word van die moord op ’n ma van Gqeberha, Vicki Terblanche, het Vrydag vlugtig in die hooggeregshof verskyn. Marius Stander, staatsaanklaer, het gesê die verhoor van Reinhardt Leach, wat Vicki se kêrel was ten tyde van haar dood, sal Maandag hervat, terwyl haar vervreemde man Arnold Terblance ’n nuwe datum vir 7 Oktober gekry het.